Op soek na bekostigbare selfsorg vakansie verblyf net buite die Nasionale Kruger Wildtuin?

Ngululu Selfsorg vakansiehuis in Marloth Park is 'n 3 slaapkamer huis wat gemaklik 6 persone kan slaap. Die huis het 'n grasdak en 'n klein swembad.

Ons vakansie huis is beskikbaar vir mense wat op soek is na selfsorg vakansie akkommodasie in Marloth Park. Die vakansie huis word weekliks gediens of daar besoekers is of nie en die swembad word in deurlopend in 'n werkende toestand gehou. Ngululu selfsorg vakansie huis is altyd skoon. Alle beddegoed word voorsien en skoongemaak ná die besoekers die huis verlaat.

Bring asb jouw eie handdoeken. 

Ons daaglikse besoekers koers is vanaf R750 vir die hele huis. Teen R125 per persoon as jy is 'n groep van 6 mense bied dit 'n baie bekostigbare akkommodasie opsie vir mense wat die groter Suidelike Kruger Nasionalewildtuin wil besoek. 

Besprekings is onderhewig aan 'n minimum van 3 nagte. 

Die huis het 'n oopplan sitkamer, kombuis. Ons het 'n plat skerm televisie en DSTV dekodeerder. Bring asseblief jou eie DSTV Kaart saam. 

Daar is geen lugversorging in die vakansie huis nie, maar wel waaiers in die sitkamer en in elke slaap kamer. 

Vir besprekings navrae voltooi asseblief die bespreking navraag vorm of om te kyk na beskikbaarheid sien ons besprekings kalender.

 

Wil net baie dankie sê vir Wynand en Marelize dat ons die week in jul stukkie paradys in Marloth kon bly. Dit was ñ besonderse belewenis met al die mooi diere wat elke dag kom kuier het. Ek, my vrou en kinders het die tydjie daar baie geniet. Die huis is baie mooi ingerig en gerieflik. Sal enige tyd weer daar wil gaan kuier. Kan werklik met ñ geruste hart die plekkie aanbeveel vir enige iemand wat ñ blaaskans nodig het van die normale stads gejaag.
Sal later fotos plaas van al die diere en herinneringe.
Weereens baie dankie.
Groete
Louis, Annelize, Shanè en Bianca Taljaard.
— with Annelize Grobler Taljaard.

Back Back to top